Hierdie Is Vir Mamma

Hierdie is vir jou Mamma, want jy is die een wat my troos as die wêreld einas uitdeel. Pleisters plak waar dit stukkend is en ‘n soenjie op kneus- en skaafplekke plant sodat dit gou kan genees. Raad het as ek moedeloos raak, hulp aanbied en antwoorde gee nog voordat ek daarvoor vra.

Mamma is die een wat saam met my huil as ek hartseer is, dan my trane afdroog en my nuwe hoop gee. By Mamma voel ek veilig wanneer die wêreld se donker my soms bang maak. As ek eensaam is, my styf in jou arms vashou en my gerus laat voel sonder woorde, maar met ‘n liefdevolle soen op my voorkop. Jy is die een wat altyd daar is vir my wanneer ander my in die steek laat, of sommer net weggooi. Noudat ek self ‘n grootmens is verstaan ek dit alles soveel beter, daarom is hierdie is vir jou Mamma, om altyd naby jou hart te dra, want jy is my tuiste, en ek is baie lief vir jou.

♥S

Similar Posts